Acts 23:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar jy gee nie aan hulle oor nie, want meer as veertig man van hulle lê en wag vir hom wat hulleself met 'n eed verbind het dat hulle nie sal eet of drink voordat hulle hom doodgemaak het nie; en nou is hulle gereed en kyk na 'n belofte van jou.
Afrikaans (NLV) 2011 U moet u nie deur hulle laat oorreed nie, want meer as 40 mans uit hulle geledere lê hom voor om hom te vermoor. Hulle het gesweer dat hulle nie sal eet of drink voordat hulle hom permanent uit die weg geruim het nie. Hulle is gereed en wag nou net vir instemming van u kant af.”
Afrikaans 1933/1953 Laat u dan nie deur hulle oorhaal nie, want meer as veertig man van hulle lê hom voor wat hulleself vervloek het om nie te eet of te drink totdat hulle hom omgebring het nie. En nou is hulle gereed en wag op u toestemming.
Afrikaans 1983 U moet hulle tog nie glo nie, want meer as veertig van hulle wil hom voorlê. Hulle het gesweer dat hulle nie sal eet of drink voordat hulle hom doodgemaak het nie. Hulle sit klaar en hulle wag nou net dat u hulle versoek moet toestaan.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moet u nie deur hulle laat oortuig nie, want meer as veertig van hulle manne gaan hom voorlê in 'n hinderlaag. Hulle het hulle met 'n eed daartoe verbind om nie te eet of te drink totdat hulle hom om die lewe gebring het nie. Hulle staan reeds gereed, en wag net op u instemming.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar jy moenie doen wat hulle vra nie. Meer as 40 manne lê en wag om vir Paulus dood te maak. Hulle het gesê God moet hulle getuie wees en Hy moet hulle straf as hulle iets eet of drink voordat hulle vir Paulus doodgemaak het. Daardie mans is nou gereed om dit te doen, hulle wag nou dat jy vir Paulus na die Joodse Raad laat gaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U moet onder geen omstandighede toelaat dat Paulus soontoe gaan nie. Dit alles is deel van ’n set om hom dood te maak. ’n Groep van oor die 40 mans het ’n belofte afgelê dat hulle niks sal eet of drink voordat hy dood is nie. Hulle is van plan om Paulus op pad na die Joodse Raad voor te lê en dood te maak. Hulle wag net dat u toestemming gee dat hy soontoe kan gaan.”