Acts 23:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê: Die Jode het ooreengekom om jou te begeer dat jy Paulus môre in die Raad sou afbring, asof hulle hom nog beter sou raadpleeg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het geantwoord: “Die Jode het ooreengekom om u te vra om Paulus môre weer voor die Raad te bring, kwansuis om sy saak noukeuriger te ondersoek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy sê: Die Jode het ooreengekom om u te versoek om Paulus môre af te bring na die Raad asof hulle iets noukeurigers omtrent hom wil verneem. |
| Afrikaans 1983 | Hy het geantwoord: “Die Jode het saamgesweer om u te vra om Paulus môre weer voor die Raad te bring, sogenaamd om sy saak noukeuriger te ondersoek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het geantwoord: “Die Jode het ooreengekom om u te versoek dat u Paulus môre na die Sanhedrin moet laat bring onder die voorwendsel dat hulle sy saak noukeuriger wil ondersoek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die jongman het geantwoord: “Die Jode het bymekaargekom en hulle het 'n geheime plan gemaak. Hulle sal vir jou vra om vir Paulus môre na die Joodse Raad te neem. Hulle sal lieg en sê hulle wil vir Paulus nog meer vrae vra om seker te maak of hy verkeerd gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die Jode het besluit om u te vra om Paulus môre weer na die Joodse Raad te laat kom,” het Paulus se susterskind geantwoord. “Hulle maak asof hulle sy saak nog verder wil ondersoek. |