Acts 23:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarop gryp die owerste oor duisend hom aan die hand en gaan alleen saam met hom opsy en vra hom: Wat het jy om my te sê?
Afrikaans (NLV) 2011 Die offisier vat hom toe aan die hand, gaan met hom eenkant toe en vra vir hom: “Wat is dit wat jy aan my wil rapporteer?”
Afrikaans 1933/1953 Daarop vat die owerste oor duisend hom by die hand en gaan eenkant toe en vra: Wat het jy om aan my te vertel?
Afrikaans 1983 Die kommandant vat hom toe aan die hand, gaan met hom eenkant en vra vir hom: “Wat is dit wat jy my wil vertel?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die chiliarg het hom aan die hand gevat, eenkant toe geneem en gevra: “Wat is dit wat jy my wil vertel?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die hoof-offisier het die jongman se hand geneem en hy het hom 'n entjie verder weggeneem sodat hulle alleen kon wees. Hy het toe vir die jongman gevra: “Wat is dit wat jy vir my wil vertel?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die bevelvoerder het die jongman eenkant toe geneem en hom gevra: “Wat is dit wat jy vir my wil sê?”