Acts 23:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het hom toe geneem en na die owerste owerste gebring en gesê: Die gevangene Paulus het my na hom geroep en my gebid om hierdie jongman na jou toe te bring wat iets het om vir jou te sê.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy vat hom toe na die offisier oor duisend man toe en sê: “Paulus, die gevangene, het my geroep en my gevra om hierdie jong man na u toe te bring omdat hy iets het om aan u te rapporteer.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop neem hy hom saam en bring hom by die owerste oor duisend en sê: Die gevangene, Paulus, het my na hom geroep en versoek om hierdie jongman na u te bring, omdat hy iets het om aan u te sê.
Afrikaans 1983 Hy vat hom toe na die kommandant toe en sê: “Paulus, die gevangene, het my laat roep en my gevra om hierdie jongman na u toe te bring. Hy het iets om vir u te sê.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het hom toe saamgeneem, na die chiliarg gebring en gesê: “Die gevangene, Paulus, het my laat roep en gevra om hierdie jong man na u te bring, omdat hy iets het om aan u mee te deel.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die offisier het toe die jongman geneem en hy het hom na die hoof-offisier gebring. En die offisier het vir die hoof-offisier gesê: “Paulus, die gevangene, het my geroep en hy het vir my gevra om hierdie jongman na jou toe te bring, want die jongman wil iets vir jou vertel.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dadelik het die kaptein Paulus se susterskind na die Romeinse bevelvoerder geneem en gesê: “Daardie gevangene, Paulus, het my gevra om hierdie man na u toe te bring. Hy het iets op sy hart waarvan u moet weet.”