Acts 23:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Julle dan nou saam met die Raad beduie aan die owerste owerste dat hy hom môre na julle afbring, asof julle iets volmaakter aangaande hom wil vra; en ons, of hy ooit nader kom, is gereed om hom dood te maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle en die Joodse Raad moet die offisier oor duisend man laat weet dat Paulus weer voor julle gebring moet word. Julle kan voorgee dat julle sy saak noukeuriger wil ondersoek. Ons is reg om hom voor sy aankoms permanent uit die weg te ruim.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Laat dan nou, saam met die Raad, aan die owerste oor duisend weet om hom môre af te bring na u toe, asof u oor sy saak noukeuriger ondersoek wil doen. En ons is gereed om hom uit die weg te ruim voordat hy by u kom. |
| Afrikaans 1983 | Julle moet nou namens die Joodse Raad die versoek aan die kommandant rig dat Paulus weer voor julle gebring moet word. Julle kan voorgee dat julle sy saak noukeuriger wil ondersoek. Ons is reg om hom op pad hierheen dood te maak.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Rig júlle nou, saam met die Sanhedrin, 'n versoek aan die chiliarg om Paulus na julle te bring onder die voorwendsel dat julle sy saak noukeuriger wil ondersoek. Ons is gereed om hom om die lewe te bring nog voor hy hier aankom.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom moet julle en die Joodse Raad vir die hoof-offisier 'n boodskap stuur en sê hy moet vir Paulus na julle toe bring. Julle moet lieg en sê dat julle vir Paulus nog baie meer vrae wil vra om seker te maak of hy verkeerd gedoen het. Ons is gereed, ons sal vir Paulus doodmaak voordat hy by julle is.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Los die res vir ons. Ons sal sorg dat die man dood is voordat hy ’n voet naby u raadsaal sit.” |