Acts 23:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het by die owerpriesters en die ouderlinge gekom en gesê: Ons het onsself onder 'n groot vloek gebind, dat ons niks sal eet voordat ons Paulus doodgemaak het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het na die priesterhoofde en die familiehoofde gegaan en gesê: “Ons het ons met ’n eed verbind om nie aan iets te proe totdat ons Paulus dood het nie.
Afrikaans 1933/1953 Hulle het na die owerpriesters en die ouderlinge gegaan en gesê: Ons het ons met vervloeking verwens om niks te gebruik totdat ons Paulus doodgemaak het nie.
Afrikaans 1983 Hulle het na die priesterhoofde en die familiehoofde toe gegaan en gesê: “Ons het 'n dure eed afgelê dat ons niks oor ons lippe sal neem voordat ons Paulus doodgemaak het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het na die leierpriesters en die familiehoofde gegaan en gesê: “Ons het 'n eed gesweer om niks te eet totdat ons Paulus doodgemaak het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het na die priesterleiers en die ouderlinge gegaan en vir hulle gesê: “Ons het gesê God moet ons getuie wees en Hy moet ons straf as ons iets eet of drink voordat ons vir Paulus doodgemaak het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons plan is: u as Joodse Raad moet die bevelvoerder van die Romeine amptelik versoek om Paulus weer voor u te laat verskyn. Sê vir hom u wil Paulus se saak verder ondersoek.