Acts 23:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe dit dag geword het, het sommige van die Jode saamgespan en hulleself onder 'n vloek verbind en gesê dat hulle nie sou eet of drink voordat hulle Paulus doodgemaak het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe dit dag word, het die Jode ’n komplot gesmee. Hulle het gesweer dat hulle nie sou eet of drink voordat hulle Paulus doodgemaak het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe dit dag geword het, het sommige van die Jode saamgespan en hulleself vervloek deur te sê dat hulle nie sou eet of drink totdat hulle Paulus doodgemaak het nie. |
| Afrikaans 1983 | Die volgende dag het die Jode 'n komplot teen Paulus gesmee. Hulle het gesweer dat hulle nie sou eet of drink voordat hulle hom doodgemaak het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Teen dagbreek het die Jode 'n komplot gesmee, en hulle met 'n eed daartoe verbind om nie te eet of te drink totdat hulle Paulus doodgemaak het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daardie oggend het die Jode 'n geheime plan gemaak om vir Paulus dood te maak. Hulle het gesê: “God is ons getuie en Hy moet ons straf as ons iets eet of drink voordat ons vir Paulus doodgemaak het!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die volgende oggend het ’n sekere groepie Jode besluit om Paulus dood te maak. So vasbeslote was hulle om dit te doen dat hulle ’n belofte voor God afgelê het dat hulle niks sou eet of drink voordat Paulus dood was nie. |