Acts 23:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe daar 'n groot onenigheid ontstaan het, het die hoofkaptein, uit vrees dat Paulus van hulle in stukke geruk sou word, die soldate beveel om af te gaan en hom met geweld onder hulle uit te haal en in die kasteel in te bring.
Afrikaans (NLV) 2011 Die bakleiery het só erg geword dat die offisier oor duisend man bang was dat hulle Paulus uitmekaar sou skeur. Daarom het hy sy eenheid beveel om hom tussen hulle te gaan uithaal en terug te bring kaserne toe.
Afrikaans 1933/1953 En toe daar 'n groot twis ontstaan het en die owerste oor duisend gevrees het dat Paulus deur hulle verskeur sou word, het hy die soldate bevel gegee om te gaan en hom met geweld weg te neem onder hulle uit en in die kamp te bring.
Afrikaans 1983 Die rusie het so hewig geword dat die kommandant bang was dat hulle Paulus uitmekaar sou skeur. Daarom het die kommandant sy soldate beveel om hom tussen hulle te gaan uithaal en terug te bring na die kaserne toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die stryery hewiger word, het die chiliarg gevrees dat hulle Paulus sou verskeur. Hy het toe bevel gegee dat sy afdeling soldate hom tussen hulle moet gaan uithaal en na die kwartiere bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe het almal nog meer gestry en geraas. Die hoof-offisier het bang geword dat hulle vir Paulus stukkend sou skeur. Daarom het die hoof-offisier vir die soldate gesê hulle moet hardloop en hulle moet vir Paulus gaan gryp en hom terugneem na die soldate-kamp.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die lede van die Joodse Raad het naderhand so met mekaar gestry dat die Romeinse bevelvoerder vir Paulus se lewe gevrees het. Hy was bang dat hulle Paulus uitmekaar sou skeur. Daarom het hy sy soldate beveel om hom tussen die woedende raadslede te gaan uithaal en hom terug te vat na die Romeinse kaserne toe.