Acts 23:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Paulus het die Raad ernstig aanskou en gesê: Broeders, ek het met 'n goeie gewete voor God gelewe tot vandag toe.
Afrikaans (NLV) 2011 Paulus het die Joodse Raad reguit in die oë gekyk en begin praat: “Geagte broers, met ’n absoluut goeie gewete het ek my lewe tot vandag toe in diens van God gelei!”
Afrikaans 1933/1953 En Paulus het die oë op die Raad gehou en gesê: Broeders, ek het met 'n volkome goeie gewete voor God gewandel tot op hierdie dag.
Afrikaans 1983 Paulus het die lede van die Joodse Raad vierkantig in die oë gekyk en gesê: “Broers, ek het heeltemal 'n skoon gewete oor hoe ek tot vandag toe my lewe in diens van God gelei het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Paulus het stip na die Sanhedrin gekyk en gesê: “Manne, broers, ek het tot op hierdie dag met 'n absoluut skoon gewete voor God geleef. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Paulus het reguit na die Joodse Raad gekyk en hy het vir hulle gesê: “Vriende, ek praat die waarheid, ek weet dat ek tot vandag toe heeltemal reg gelewe het, ek het gelewe soos God wil hê 'n mens moet lewe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe Paulus voor die Joodse Raad stelling inneem, het hy hulle ’n paar oomblikke lank aandagtig deurgekyk. Toe sê hy vir hulle: “Broers, my lewe lank dien ek God. Ek het ook nog nooit doelbewus teen sy wil opgetree nie.”