Acts 22:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die wat saam met my was, het waarlik die lig gesien en bevrees geword; maar hulle het nie die stem gehoor van Hom wat met my gespreek het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die mense saam met my het wel die lig gesien, maar nie die stem gehoor van Hom wat met my praat nie.
Afrikaans 1933/1953 En die wat saam met my was, het wel die lig gesien en bang geword, maar die stem van Hom wat met my gespreek het, nie gehoor nie.
Afrikaans 1983 “Die mense wat saam met my was, het wel die lig gesien, maar nie die stem verstaan van Hom wat met my gepraat het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die mense wat by my was, het wel die lig gesien, maar nie die stem gehoor van Hom wat met my gepraat het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die mense wat saam met my was, het die lig gesien, maar hulle het nie die Persoon gehoor wat met my gepraat het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die mense wat saam met my op pad na Damaskus was, het ook die lig uit die hemel gesien. Hulle het baie bang geword. Hulle kon egter nie Jesus se stem hoor nie.