Acts 22:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het op hierdie manier vervolg tot die dood toe, deur mans sowel as vroue te bind en in gevangenisse oor te lewer.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het jag gemaak op “Die Pad” tot die dood toe. Mans én vroue het ek gearresteer en in tronke laat stop.
Afrikaans 1933/1953 Hierdie Weg het ek vervolg tot die dood toe, en manne en ook vroue geboei en in gevangenisse oorgegee,
Afrikaans 1983 Ek wou die mense wat die leer van Christus volg, totaal uitroei. Mans sowel as vrouens het ek gevange geneem en in tronke laat stop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het hierdie Weg tot die dood toe vervolg deur mans sowel as vroue te boei en in die tronk te gooi,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het slegte dinge gedoen aan ‘ Die Pad,’ ek het probeer om hulle dood te maak. Ek het mans en vroue laat vang en laat vasbind en ek het hulle in die tronk laat sit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Toe ek op ’n dag te hore kom van hierdie nuwe spul mense wat in Jesus glo, was ek so kwaad dat ek hulle wreed begin vervolg het. Ek het die mans en vroue wat al hierdie dinge oor Hom geglo het, laat vang en in die tronk gestop.