Acts 22:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die volgende dag, omdat hy die sekerheid sou kry waarom hy deur die Jode aangekla is, het hy hom van sy bande losgemaak en die owerpriesters en hulle hele raad bevel gegee om te verskyn, en Paulus afgebring en voor hulle gestel.
Afrikaans (NLV) 2011 Die offisier oor duisend man het die volgende dag sy boeie laat afhaal en die priesterhoofde en die hele Joodse Raad vir ’n vergadering opgeroep. Hy het Paulus laat inbring, want hy wou agterkom presies waaroor hy deur die Jode aangekla was.
Afrikaans 1933/1953 En die volgende dag wou hy met sekerheid weet waarvan hy deur die Jode beskuldig was; en hy het hom van sy boeie losgemaak en bevel gegee dat die owerpriesters en hulle hele Raad moes vergader; en hy het Paulus afgebring en voor hulle laat staan.
Afrikaans 1983 Omdat die kommandant presies te wete wou kom wat die Jode teen Paulus het, het hy die volgende dag bevel gegee dat die priesterhoofde en die hele Joodse Raad bymekaar moet kom. Hy het Paulus laat haal en voor hulle gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die volgende dag het hy, omdat hy sekerheid wou kry oor waarvan Paulus deur die Jode aangekla word, hom vrygelaat en beveel dat die leierpriesters en die hele Sanhedrin moes vergader. Hy het Paulus laat inbring en hom voor hulle laat staan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die hoof-offisier wou weet hoekom die Jode vir Paulus beskuldig het. Daarom het hy die volgende dag vir Paulus uit die tronk laat kom. Toe het die hoof-offisier gesê die hoëpriester en die hele Joodse Raad moet 'n vergadering hou. Hy het vir Paulus na die Joodse Raad geneem en hy het vir Paulus voor hulle laat staan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volgende dag het die Romeinse bevelvoerder die hele Joodse Raad bymekaargeroep. Hy wou vasstel waarom die Jode so kwaad vir Paulus was. Daarom het hy Paulus uit die tronk laat haal en hom na die Joodse Raad gevat.