Acts 22:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle het toe dadelik weggegaan van hom wat hom moes ondersoek; en die owerste oor duisend was ook bevrees, nadat hy geweet het dat hy 'n Romein was en omdat hy hom gebind het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die soldate wat hom moes gésel om hom te laat praat, het hom dadelik laat staan, en selfs die offisier oor duisend man het bang geword toe hy besef dat Paulus ’n Romeinse burger is en dat hy hom vir die géseling laat vasbind het.
Afrikaans 1933/1953 Daarop het die wat hom sou ondersoek, hom dadelik laat staan; en die owerste oor duisend het ook gevrees, omdat hy nou wis dat hy 'n Romein was en hy hom geboei het.
Afrikaans 1983 Die soldate wat vir Paulus moes gesel, het hom dadelik losgemaak, en selfs die kommandant het bang geword toe hy besef dat Paulus 'n Romeinse burger is en dat hy hom laat boei het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Diegene wat gereed gestaan het om hom te ondervra, het hom daarom dadelik met rus gelaat, en ook die chiliarg het bang geword toe hy besef dat Paulus 'n Romeinse burger is, en dat hy hom laat boei het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die soldate wat Paulus met 'n sweep wou slaan, het dadelik teruggestaan, en die hoof-offisier was ook bang, want die hoof-offisier het besef dat Paulus 'n Romeinse burger is en dat hy vir Paulus laat vasbind het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek het myne nie gekoop nie. Ek is as ’n Romeinse burger gebore,” het Paulus geantwoord. Daarna het hulle Paulus losgemaak. Die Romeinse bevelvoerder het groot geskrik omdat hy ’n Romeinse burger sonder verhoor aangehou en hom amper lyfstraf gegee het.