Acts 22:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe die hoofman oor honderd dit hoor, het hy gegaan en dit aan die owerste owerste vertel en gesê: Pas op wat jy doen, want hierdie man is 'n Romein.
Afrikaans (NLV) 2011 Die offisier oor honderd man gaan toe na die offisier oor duisend man en vra: “Wat is u van plan om te doen? U moet besef hierdie man is ’n Romeinse burger!”
Afrikaans 1933/1953 Toe die hoofman oor honderd dit hoor, gaan hy dit aan die owerste oor duisend vertel en sê: Pas op wat u gaan doen, want hierdie man is 'n Romein.
Afrikaans 1983 Toe die kaptein dit hoor, gaan hy na die kommandant toe en sê: “Wat gaan u doen? Hierdie man is 'n Romeinse burger.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die centurio dit hoor, gaan hy na die chiliarg, meld dit aan en sê: “Wat is u van plan om te doen? Want hierdie man is 'n Romein!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die offisier hoor wat Paulus sê, het hy vir die hoof-offisier gaan sê: “Wat gaan jy nou doen? Hierdie man is 'n Romeinse burger.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die kaptein het dadelik na die bevelvoerder gegaan en vir hom gesê: “U moet mooi dink wat u met hierdie man doen. Weet u, hy is ’n Romeinse burger.”