Acts 22:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En terwyl hulle hom met rieme gebind het, sê Paulus vir die hoofman oor honderd wat daar staan: Is dit jou geoorloof om 'n man wat 'n Romein en onveroordeeld is, te gésel? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het hom klaar met rieme vasgebind gehad vir die géseling toe Paulus vir die offisier oor honderd man wat daar naby staan, vra: “Is dit wettig dat julle ’n Romeinse burger gésel, en boonop nog sonder verhoor?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En onderwyl hulle hom met die rieme uitrek, sê Paulus vir die hoofman oor honderd wat daar staan: Is dit u geoorloof om 'n Romeinse burger, en dit onveroordeeld, te g,sel? |
| Afrikaans 1983 | Hulle het hom alreeds vir die geseling vasgebind gehad toe Paulus vir die kaptein wat daarby staan, vra: “Mag julle 'n Romeinse burger gesel, en boonop nog sonder verhoor?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar toe hulle hom al uitgestrek het met die rieme, sê Paulus vir die centurio wat daar staan: “Is dit julle geoorloof om 'n Romeinse burger te gesel, en dit sonder 'n verhoor?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die soldate het begin om Paulus met toue vas te maak. Die offisier het by hulle gestaan, en Paulus het vir hom gesê: “Ek is 'n Romeinse burger. Julle mag my nie met 'n sweep slaan nie, want 'n regter het my nog nie ge-oordeel nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die soldate Paulus met toue begin vasmaak sodat hulle hom kon slaan, het hy vir ’n Romeinse kaptein wat daar gestaan het, gevra: “Is dit wat u nou doen wettig? Mag u ’n Romeinse burger lyfstraf gee sonder ’n verhoor?” |