Acts 22:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die owerste owerste het bevel gegee dat hy in die kasteel ingebring moes word, en beveel dat hy deur géseling ondersoek moes word; sodat hy sou weet waarom hulle so teen hom geroep het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die offisier oor duisend man het Paulus toe die kaserne laat inbring en bevel gegee dat hy gegésel moes word om hom sy misdaad te laat bely. Die offisier wou agterkom hoekom die skare Paulus so uitgejou het. |
| Afrikaans 1933/1953 | het die owerste oor duisend bevel gegee dat hy in die kamp gebring moes word, en gesê dat hulle hom met g,selslae moes ondersoek, sodat hy kon weet om watter rede hulle so teen hom uitroep. |
| Afrikaans 1983 | Die kommandant het toe beveel dat Paulus in die kaserne ingebring moet word en dat hy gegesel moet word om vas te stel hoekom die skare hom so uitgejou het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | het die chiliarg beveel dat Paulus in die kwartiere ingebring word. Hy gee toe opdrag dat hy onder geseling ondervra word, sodat hy kon vasstel om watter rede hulle so teen hom skreeu. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die hoof-offisier het vir die soldate gesê hulle moet vir Paulus na die soldate-kamp neem en hulle moet hom met 'n sweep slaan totdat hy sê wat hy verkeerd gedoen het. Die hoof-offisier wou weet hoekom die Jode so geskree en geraas het teen Paulus. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die bevelvoerder van die Romeinse garnisoen het gesien dat dinge handuit begin ruk. Daarom het hy sy soldate beveel om Paulus na die Romeinse kaserne toe terug te vat. Hy het ook vir hulle gesê om Paulus ’n ordentlike drag slae te gee. Die bevelvoerder wou hom op dié manier aan die praat kry sodat hy kon agterkom hoekom die skare hom uitgejou het. |