Acts 21:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dieselfde man het vier dogters gehad, maagde, wat geprofeteer het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het vier ongetroude dogters gehad met die gawe om te profeteer.
Afrikaans 1933/1953 En hy het vier ongetroude dogters gehad wat die profetiese gawe besit het.
Afrikaans 1983 Hy het vier ongetroude dogters gehad wat die gawe besit het om te profeteer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het vier ongetroude dogters gehad wat oor die gawe van profesie beskik het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Filippus het vier dogters gehad, hulle was nog nie getroud nie. Die vier dogters was profete.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het nou in Sesarea gebly, waar hy die goeie nuus oor Jesus verkondig het. Filippus het vier dogters gehad wat nog nie getroud was nie. God het aan hulle die gawe gegee om as profete op te tree en sy wil aan ander mense bekend te maak.