Acts 21:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die volgende dag het ons uit die geselskap van Paulus vertrek en in Cesaréa gekom; en ons het in die huis van Filippus, die evangelis, ingegaan, wat een van die sewe was; en by hom gebly.
Afrikaans (NLV) 2011 Die volgende dag het ons vertrek en in Sesarea aangekom. Ons het by die evangelis Filippus, een van die sewe, tuisgegaan.
Afrikaans 1933/1953 En die volgende dag het ons, die geselskap van Paulus, vertrek en in Cesar,a aangekom; en ons het ons intrek geneem in die huis van Filippus, die evangelis, wat een van die sewe diakens was, en by hom gebly.
Afrikaans 1983 Die volgende dag het ons vertrek en in Sesarea aangekom. Ons het die evangelis Filippus, een van die sewe, opgesoek en by hom tuis gegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die volgende dag het ons vertrek en in Caesarea aangekom. Ons het na die huis gegaan van die evangelis Filippus, een van die sewe, en by hom tuisgegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die volgende dag het ons verder gegaan en ons het by die stad Sesarea gekom. Daar het ons na die huis van Filippus gegaan en ons het by hom gebly. Hy was een van sewe leiers wat die goeie boodskap van God in Sesarea gebring het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volgende dag het ons na Sesarea vertrek, waar ons ’n ruk lank by Filippus gebly het. Hy is een van die sewe mans wat vroeër daar in die Jerusalemgemeente gehelp het om die armes te versorg.