Acts 21:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe ons daardie dae voleindig het, het ons vertrek en weggegaan; en hulle het ons almal saam met vroue en kinders op pad gebring totdat ons uit die stad was; en ons het op die strand neergekniel en gebid.
Afrikaans (NLV) 2011 Ná ’n week moes ons vertrek en verder reis. Die hele gemeente, vroue en kinders ingesluit, is saam met ons strand toe, buitekant die stad. Daar het ons gekniel en gebid
Afrikaans 1933/1953 Maar toe ons die dae uitgebly het, het ons vertrek en op reis gegaan, terwyl almal, met vroue en kinders, ons tot buitekant die stad begelei; en ons het op die strand neergekniel en gebid.
Afrikaans 1983 Maar toe die sewe dae verby was, het ons verder gereis, en hulle is almal met hulle vrouens en kinders saam met ons tot buitekant die stad. Ons het op die strand gekniel en gebid
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat ons die tyd daar deurgebring het, het ons vertrek en verder gereis. Almal, ook hulle vroue en kinders, het ons tot buitekant die stad begelei. Ons het op die strand gekniel en gebid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die sewe dae verby was, het ons uit die stad gegaan om verder te gaan. Al die gelowiges, ook hulle vrouens en kinders, het saam met ons uit die stad gegaan. Ons het op die strand gekniel en gebid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Later, toe ons skip reg was om te vertrek, het die hele gemeente ons kom groet. Mans, vroue en kinders, almal was daar. Hulle het saam met ons tot by die hawe gestap. Dit was net buitekant die stad. Daar op die strand het ons almal eers neergekniel en saamgebid.