Acts 21:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nadat hy hom die lisensie gegee het, het Paulus op die trappe gaan staan en met die hand vir die mense beduie. En toe daar 'n groot stilte gekom het, het Hy met hulle in Hebreeuse taal gespreek en gesê:
Afrikaans (NLV) 2011 Die offisier het ingewillig, en Paulus het op die trappe gaan staan en met sy hand vir die mense beduie om stil te bly. Dit het doodstil geword, en hy het hulle in Aramees, hulle moedertaal, toegespreek.
Afrikaans 1933/1953 En toe hy dit toegelaat het, gaan Paulus op die trappe staan en wink met die hand vir die volk. En nadat daar 'n groot stilte gekom het, het hy hulle in die Hebreeuse taal toegespreek en gesê:
Afrikaans 1983 Die kommandant het ingewillig, en Paulus het op die trap gaan staan en met sy hand vir die mense gewys om stil te bly. Toe dit baie stil geword het, het hy hulle in Hebreeus toegespreek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het dit toegelaat, en Paulus het op die trappe gaan staan en 'n handgebaar gemaak vir die volk. Toe het 'n groot stilte neergedaal en hy het hulle in die Hebreeuse taal toegespreek:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die hoof-offisier het gesê Paulus mag met die mense praat. Toe het Paulus op die trappe gaan staan en hy het met sy hand vir die mense gewys hulle moet stilbly. Dit het baie stil geword en Paulus het in Hebreeus met hulle gepraat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die aanvoerder het geknik. Paulus het op die trap gaan staan en met sy hand vir die skare beduie om stil te bly. Almal het doodstil geword toe hy met hulle in Hebreeus begin praat.