Acts 21:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hy op die trappe kom, het dit gebeur dat hy van die soldate gedra is weens die geweld van die volk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Paulus by die trappe kom, moes die soldate hom dra, só gewelddadig het die skare geword. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hy op die trappe kom, moes hy deur die soldate gedra word weens die geweld van die skare. |
| Afrikaans 1983 | By die trap van die kaserne het die gepeupel so saamgedrom dat die soldate Paulus moes dra, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Paulus by die trappe kom, moes hy weens die geweld van die skare deur die soldate gedra word, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het gekom tot by die trappe. Die mense was baie kwaad vir Paulus en hulle het so baie aan hom gestamp dat die soldate vir Paulus moes dra. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het toe vir sy soldate gesê om Paulus na die Romeinse kaserne toe te bring. Die skare was egter so gewelddadig dat die soldate Paulus moes dra. Hulle het agter die soldate aangeloop en geskree: |