Acts 21:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sommige het onder die skare een en ander uitgeroep; en toe hy nie die sekerheid van die rumoer kon weet nie, het hy bevel gegee dat hy na die kasteel gedra moes word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sommige het dít en ander weer dát geskreeu. Daar was só ’n rumoer dat hy nie kon uitvind wat presies aan die gang is nie. Gevolglik het hy beveel dat Paulus kaserne toe gevat moes word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En onder die skare het sommige dit en sommige iets anders geskreeu. En omdat hy weens die rumoer geen sekerheid kon verkry nie, het hy bevel gegee dat hy na die kamp gebring moes word. |
| Afrikaans 1983 | Die skare het so deurmekaar geskreeu dat hy in die lawaai nie kon uitvind wat presies aan die gang is nie. Hy het toe beveel dat Paulus na die kaserne toe gevat moet word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sommige in die skare het een ding geskreeu en ander weer iets anders. Toe hy vanweë die rumoer nie sekerheid kon kry nie, het hy beveel dat Paulus na die kwartiere geneem word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Party Jode het iets geskree en party Jode het iets anders geskree. Hulle het so baie geraas dat die hoof-offisier nie kon uitvind wat regtig gebeur het nie. Daarom het hy vir sy soldate gesê hulle moet vir Paulus neem na die plek waar die soldate woon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die skare het egter so geraas en deurmekaar gepraat dat die aanvoerder nie kon verstaan wat aan die gang was nie. |