Acts 21:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het die owerste nader gekom en hom geneem en bevel gegee dat hy met twee kettings gebind moes word; en gevra wie hy is en wat hy gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die offisier het Paulus toe gearresteer en hom met twee kettings laat boei. Hy vra toe die betogers wie die man is en wat hy gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 Daarop kom die owerste oor duisend nader en neem hom gevange en gee bevel dat hy met twee kettings geboei moet word; en hy het gevra wie hy was en wat hy gedoen het.
Afrikaans 1983 Die kommandant het na Paulus toe gegaan, hom gevange geneem en beveel dat hy met twee kettings geboei moet word. Daarna het hy probeer vasstel wie die man is en wat hy gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop het die chiliarg nader gegaan, hom gevange geneem en beveel dat hy met twee kettings geboei moet word. Toe het hy navraag gedoen oor wie Paulus was en wat hy gedoen het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die hoof-offisier het nader geloop en hy het vir sy soldate gesê hulle moet vir Paulus 'n gevangene maak. Hy het ook vir Paulus laat vasbind met twee kettings. Die hoof-offisier het vir die Jode gevra wie Paulus is en wat hy verkeerd gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die skare die Romeinse soldate sien aankom, het hulle opgehou om Paulus te slaan en te skop. Die bevelvoerder het die soldate beveel om hom met twee kettings vas te maak. Toe het hy probeer vasstel wie Paulus is en wat hy verkeerd gedoen het.