Acts 21:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle het dadelik soldate en hoofman oor honderd geneem en na hulle afgehardloop; en toe hulle die owerste owerste en die soldate sien, het hulle Paulus laat slaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het onmiddellik met soldate en offisiere op hulle afgestorm. Toe die betogers die offisier oor duisend man en sy soldate sien kom, het hulle opgehou om Paulus aan te rand.
Afrikaans 1933/1953 En hy het meteens soldate en hoofmanne oor honderd geneem en afgehardloop na hulle; en toe hulle die owerste oor duisend en die soldate sien, het hulle opgehou om Paulus te slaan.
Afrikaans 1983 Hy het onmiddellik met soldate en offisiere na die oproer toe gehardloop. Toe die skare die kommandant en sy soldate sien, het hulle opgehou om vir Paulus te slaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het onmiddellik met soldate en die centurio op hulle afgestorm. Toe hulle die chiliarg en die soldate sien, het hulle opgehou om Paulus te slaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die hoof-offisier het dadelik vir sy soldate en offisiere gesê hulle moet saam met hom kom, en hulle almal het na die tempel gehardloop. Toe die Jode die hoof-offisier en die soldate sien, het hulle opgehou om vir Paulus te slaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die bevelvoerder het toe dadelik sy offisiere en manskappe bymekaargemaak en na die tempel gehardloop om die skare onder beheer te kry.