Acts 21:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En terwyl hulle op pad was om hom dood te maak, het die boodskap by die owerste owerste van die bende gekom dat die hele Jerusalem in oproer was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het hom probeer vermoor toe die offisier oor duisend man van die Romeinse garnisoen hoor dat die hele Jerusalem in oproer is. |
| Afrikaans 1933/1953 | En onderwyl hulle probeer om hom dood te maak, het 'n berig die owerste oor duisend van die leërafdeling bereik dat die hele Jerusalem in oproer was. |
| Afrikaans 1983 | Die mense wou hom net doodmaak. 'n Boodskap is toe na die kommandant van die Romeinse garnisoen toe gestuur dat die hele Jerusalem in oproer is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl hulle probeer het om hom dood te maak, het die berig dat die hele Jerusalem in oproer is die chiliarg van die kohort soldate bereik. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Jode het probeer om vir Paulus dood te maak. Maar iemand het vir die hoof-offisier van die Romeinse soldate gaan sê dat al die mense van Jerusalem kwaad is en dat hulle baie raas. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Terwyl die mense Paulus aangerand en hom probeer doodmaak het, is ’n boodskap na die aanvoerder van die Romeinse garnisoen gestuur. Hy het gehoor wat buite die tempel aangaan. |