Acts 21:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die hele stad het geruk, en die skare het saamgehardloop; en hulle het Paulus geneem en hom uit die tempel getrek, en dadelik is die deure gesluit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die hele stad het in beroering gekom en ’n betoging het begin. Hulle het Paulus by die tempel uitgesleep, en die deure is dadelik toegesluit. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe kom die hele stad in beweging, en daar was 'n oploop van die volk; en hulle het Paulus gegryp en hom buitekant die tempel gesleep; en dadelik is die deure gesluit. |
| Afrikaans 1983 | Die hele stad het in beroering gekom. Die mense het saamgedrom, vir Paulus gegryp en hom uit die tempel uitgesleep. Die deure is dadelik agter hulle toegesluit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hele stad was in rep en roer, en daar het 'n samedromming van die volk ontstaan. Hulle het Paulus gegryp en hom uit die tempelterrein gesleep, en die poorte is dadelik gesluit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Almal in die stad het kwaad geword en die mense het na die tempel gehardloop. Hulle het vir Paulus gegryp en hulle het hom uit die tempel gesleep. Die mense by die tempel het die tempel se deure dadelik toegemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie woorde het die skare in rep en roer gehad. Soos een man het hulle op Paulus afgestorm en hom gevang. Die nuus dat Paulus in die tempel gevang is, het soos ’n veldbrand deur die stad versprei. ’n Groot aantal mense het na die tempel toe gehardloop. Hulle het Paulus hardhandig tot buite die tempel gesleep. Die priesters het die deure van die tempel haastig agter die woedende skare toegesluit omdat hulle bang was vir ’n bakleiery op die tempelterrein. |