Acts 21:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe ons Ciprus ontdek het, het ons dit aan die linkerkant gelaat en Sirië binnegevaar en by Tirus geland, want daar moes die skip haar las los. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons het die eiland Siprus in sig gekry en is Sirië toe terwyl ons Siprus aan ons linkerkant verbygevaar het. In Tirus het ons afgeklim, want die skip moes sy vrag daar aflaai. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe ons Ciprus in die gesig gekry het en dit aan die linkerhand laat lê het, het ons na S¡rië gevaar en by Tirus aangekom, want daar sou die skip sy vrag aflaai. |
| Afrikaans 1983 | Ons het Siprus in sig gekry en is aan die suidekant daarvan verby Sirië toe. In Tirus, waar die skip sy vrag moes aflaai, het ons afgeklim. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons het binne sig van Ciprus gekom, maar dit aan ons linkerkant gelaat in ons verbyvaart na Sirië, en by Tirus aan wal gegaan, omdat die skip se vrag daar afgelaai sou word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons het verder geseil en ons kon die eiland Siprus sien. Ons het nog verder geseil en ons het regs verby Siprus geseil tot by Sirië. Ons het by die stad Tirus afgeklim, want die mense moes daar die goed aflaai wat op die skip was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van daar af is ons na Siprus toe, waar ons oor Sirië tot in Tirus gevaar het. Die skip het daar anker gegooi. Terwyl ons gewag het dat die skip se vrag afgelaai word, het ons besluit om by die gelowiges in die stad te gaan oorbly. |