Acts 21:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) (Want hulle het tevore saam met hom Trofimus, 'n Efesiër in die stad gesien, wat hulle gemeen het dat Paulus in die tempel ingebring het.)
Afrikaans (NLV) 2011 (Hulle het kort tevore Trofimus, ’n nie-Jood van Efese, saam met Paulus in die stad gesien en verkeerdelik die afleiding gemaak dat Paulus hom in die tempel ingebring het.)
Afrikaans 1933/1953 Want hulle het vantevore Trofimus, die Ef,siër, in die stad by hom gesien en gedink dat Paulus hom in die tempel gebring het.
Afrikaans 1983 Hulle het dit gesê omdat hulle vantevore vir Trofimus van Efese saam met Paulus in die stad gesien het en gedink het dat Paulus hom in die tempel in geneem het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want hulle het vir Trofimus, die Efesiër, voorheen saam met Paulus in die stad gesien, en gedink dat hy hom in die tempelterrein ingebring het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Jode uit Asië het so gesê, want hulle het voorheen gesien dat Trofimus saam met Paulus in Jerusalem is. Trofimus was 'n Griek van die stad Efese. Daarom het hulle gedink Paulus het vir Trofimus saamgebring na die tempel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Almal weet mos dat heidene nie hier mag inkom nie.” (Terloops, hierdie Jode het vroeër vir Trofimus, een van Paulus se metgeselle uit Efese, saam met hom sien rondstap. Hulle het gedink dat Paulus hom in die tempel ingevat het. Maar Paulus het nie so iets gedoen nie.)