Acts 21:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Skreeu, manne van Israel, help: Dit is die man wat almal oral leer teen die volk en die wet en hierdie plek, en verder ook Grieke in die tempel ingebring het en hierdie heiligdom verontreinig het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en geskreeu: “Al julle Israeliete, kom help! Hier is die man wat deur sy onderrig almal oral teen ons volk en teen ons wet en teen die tempel beïnvloed. Nou het hy boonop nog Grieke hier ingebring en hierdie tempel wat aan God gewy is, ontheilig!” |
| Afrikaans 1933/1953 | en geskreeu: Israeliete, help! Dit is die man wat oral aan almal dinge leer teen die volk en die wet en hierdie plek. Hy het ook nog Grieke in die tempel gebring en hierdie heilige plek ontheilig. |
| Afrikaans 1983 | “Israeliete, kom help!” het hulle geskreeu. “Hier is die man wat ons volk, die wet van Moses en die tempel oral aanval. Nou het hy boonop nog Grieke in die tempel ingebring en hierdie heilige plek ontheilig.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en geskreeu: “Manne, Israeliete, kom help! Hier is die man wat oral vir almal dinge leer wat teen die volk en die wet en hierdie plek gerig is. Hy het boonop Grieke in die tempelterrein ingebring en hierdie heilige plek ontheilig! ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het hard geskree en gesê: “Israeliete, julle moet kom help! Hier is die man wat oral vir almal dinge leer wat teen ons volk is, en wat ook teen ons wette en teen die tempel is. Hy het ook Grieke ingebring in die tempel en so het hy hierdie gewyde plek onrein gemaak.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Help! Kom help ons om hierdie man te vang! Dit is hy wat oral sulke verskriklike dinge teen die wet en teen die tempel kwytraak. Hy het nie ’n goeie woord vir ons volk nie. Boonop het ’n klompie Grieke saam met hom hier in die binnehof van die tempel ingekom. Hy maak die tempel onrein. |