Acts 21:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die sewe dae amper verby was, het die Jode uit Asië, toe hulle Hom in die tempel sien, die hele volk opgewek en Hom die hande opgelê.
Afrikaans (NLV) 2011 Die sewe dae reinigingstyd was amper om toe Jode van die provinsie Asië vir Paulus by die tempel sien en ’n hele skare teen hom aanhits. Hulle het Paulus gegryp
Afrikaans 1933/1953 Maar toe die sewe dae byna verby was, het die Jode van Asië hom in die tempel gesien en die hele skare oproerig gemaak en die hande aan hom geslaan
Afrikaans 1983 Toe die sewe dae van die reiniging byna om was, het Jode van die provinsie Asië vir Paulus by die tempel gesien. Hulle het die hele skare aangehits en vir Paulus gegryp.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe die sewe dae van die reiniging amper verstreke was, het Jode uit Asië hom op die tempelterrein gesien en die hele skare in oproer gebring. Hulle het hom gegryp
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die sewe dae wat Paulus en die vier mans hulle laat reinig het, was amper verby. Toe het Jode wat van die provinsie Asië gekom het, vir Paulus in die tempel gesien. Hulle het so geskree dat almal in die tempel kwaad geword het vir Paulus en hulle het vir Paulus gevang.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die sewe dae amper verby was, het ’n groepie Jode uit Asië op ’n dag vir Paulus in die tempel raakgesien. Hulle was geskok en het dadelik begin skree: