Acts 21:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat die heidene aangaan wat glo, het ons geskryf en tot die gevolgtrekking gekom dat hulle nie so iets onderhou nie, behalwe dat hulle hulleself bewaar van afgodeoffers en van bloed en van verwurgdes en van hoerery.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wat betref die gelowiges wat vroeër nie-Jode was — ons het laat weet dat ons besluit het hulle moet hulle onthou van afgodsoffers, bloed, van iets wat verwurg is, en van seksuele sondes.”
Afrikaans 1933/1953 Wat egter die gelowiges uit die heidene betref het ons geskrywe en besluit dat hulle niks van die aard moet onderhou nie, maar hulle net moet onthou van afgodsoffers en bloed en van wat verwurg is, en van hoerery.
Afrikaans 1983 Ons het tog al vir die gelowiges wat vroeër heidene was, laat weet van ons besluit dat hulle nie vleis wat aan 'n afgod geoffer is, en bloed en 'n dier wat verwurg is, moet eet nie, en dat hulle onsedelikheid moet vermy.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat betref die nie-Jode wat gelowig geword het, het ons besluit, en hulle skriftelik laat weet, dat hulle hulle moet onthou van afgodsoffers, van bloed, van wat verwurg is, en van hoerery.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar ons het 'n brief geskryf vir die heidene wat in Christus glo. Ons het vir hulle geskryf dat ons besluit het dat hulle nie afgod-offervleis moet eet nie, hulle moet ook nie bloed eet of iets eet wat verwurg is nie, en hulle moenie onsedelik lewe nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Toe jy die vorige keer in Jerusalem was, het ons vir jou gesê dat Joodse gebruike slegs vir die Jode geld. Ons staan nog steeds daarby. Gelowiges wat nie Jode is nie, hoef glad nie hierdie voorskrif te gehoorsaam nie. Al wat hulle moet doen, is om te sorg dat hulle nie kos eet wat aan die afgode opgedra is nie. Hulle moet ook nie bloed drink of vleis eet van diere wat verwurg is nie. En laastens moet hulle nie seksuele verhoudings buite die huwelik aangaan nie.”