Acts 21:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle neem en reinig Uself met hulle, en hou 'n aanklag met hulle, dat hulle hulle hoof kan skeer; maar dat jy self ook ordelik wandel en die wet onderhou.
Afrikaans (NLV) 2011 Vat hulle tempel toe en gaan saam met hulle deur die reinigings-handeling en betaal vir hulle haarsny. Dan sal almal weet dat die stories wat oor jou versprei word, nie waar is nie, maar dat jy self die Joodse wet nakom en onderhou.
Afrikaans 1933/1953 neem hulle en heilig u saam met hulle en betaal die koste vir hulle, sodat hulle hul hoofde kan skeer en almal kan weet dat daar niks is in wat van u vertel word nie, maar dat u self ook wandel as een wat die wet onderhou.
Afrikaans 1983 Neem hulle saam met jou vir die reinigingshandeling en betaal die koste daarvan, sodat hulle hulle hare kan laat afsny. Dan sal almal weet dat nie een van die gerugte wat oor jou versprei word, waar is nie, maar dat jy self die wet onderhou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Neem hulle saam, laat jou saam met hulle reinig, en betaal vir hulle die koste om hulle koppe te laat skeer. Dan sal almal weet dat daar niks steek in wat van jou vertel word nie, maar dat jy self ook in gehoorsaamheid aan die wet leef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer hulle vir hulle laat reinig, dan moet jy ook vir jou laat reinig. En jy moet betaal sodat hulle al hulle hare kan laat afskeer. Dan sal almal weet die dinge is nie waar wat mense oor jou sê nie. Hulle sal weet dat jy self ook reg lewe en doen wat die wette sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Soos jy weet, moet hulle nou na die tempel toe gaan om hulle daar aan die Here te gaan toewy. Hulle moet ook ’n offer aan Hom bring, wat ’n klompie geld kos. Ons wil hê jy moet saam met hulle na die tempel toe gaan. Betaal die geld vir hulle offers. “Gaan eers na ’n priester toe in die tempel. Hy sal jou elke paar dae met ’n bietjie water besprinkel. Dit vat ’n week. Na hierdie tyd kan jy dan die offers namens daardie vier mans betaal. Dan sal almal sien dat jy nog steeds luister na die wet van Moses.