Acts 21:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle dit hoor, het hulle die Here verheerlik en vir Hom gesê: Jy sien, broer, hoeveel duisende Jode daar is wat glo; en hulle is almal ywerig vir die wet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle dit hoor, het hulle God geprys. Hulle het egter vir Paulus gesê: “Jy sien, broer, daar is hoeveel duisende van dié wat gelowiges geword het wat Jode is, en hulle is almal ywerige toepassers van die wet. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hulle dit hoor, het hulle die Here verheerlik en vir hom gesê: U sien, broeder, hoeveel duisende Jode daar is wat gelowig geword het, en almal is yweraars vir die wet. |
| Afrikaans 1983 | Toe hulle dit hoor, het hulle God geprys en vir Paulus gesê: “Jy sien, broer, hier is duisende Jode wat gelowig geword het, maar almal onderhou die wet van Moses nog stiptelik. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hulle dit hoor, het hulle God geprys en vir hom gesê: “Jy sien, broer, hoeveel derduisende onder die Jode tot die geloof gekom het, en hulle beywer hulle almal vir die wet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe hulle hoor wat Paulus sê, het hulle God geprys. En hulle het vir Paulus gesê: “Vriend, jy weet daar is duisende Jode wat in Christus glo, en hulle is almal baie gehoorsaam aan die wette. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Jakobus en die ander mense dit hoor, het hulle die Here geprys. Toe Paulus klaar was, sê hulle: “Ons het ook goeie nuus. Hier in Jerusalem het duisende Jode ook in Jesus begin glo. Maar hulle onderhou steeds die wet van Moses.” |