Acts 21:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nadat hy hulle gegroet het, het hy veral vertel wat God deur sy bediening onder die heidene bewerk het.
Afrikaans (NLV) 2011 Ná Paulus hulle gegroet het, het hy in besonderhede vertel wat God onder die nie-Jode deur sy bediening gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 En nadat hy hulle gegroet het, het hy van stuk tot stuk vertel wat God onder die heidene deur sy diens gedoen het.
Afrikaans 1983 Paulus het hulle gegroet en in besonderhede vertel wat God deur sy diens onder die heidene gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat Paulus hulle gegroet het, het hy in besonderhede vertel wat God deur sy bediening onder die heidene gedoen het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Paulus het hulle gegroet en toe het hy alles vertel wat God gedoen het, en hoe hy God se werk by die heidene gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Paulus het hulle almal vriendelik gegroet. Hy het dadelik begin om hulle te vertel waar hy oral was en wat hy alles gedoen het. Hy het verduidelik hoe God deur hom gewerk het onder mense wat nie aan die Joodse volk behoort nie.