Acts 21:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar het ook sommige van die dissipels van Cesaréa saam met ons gegaan en een Mnason van Ciprus, 'n ou dissipel, saam met hulle gebring, by wie ons sou vernag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Party van die gelowiges het van Sesarea af saam met ons gegaan. Hulle het ons na Mnason toe gevat, wat oorspronklik van Siprus afkomstig was, en wat reeds van vroeg af ’n gelowige was. By hom sou ons tuisgaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sommige van die dissipels van Cesar,a het ook saam met ons gegaan en ons by 'n sekere Mnason van Ciprus gebring, 'n ou dissipel, by wie ons sou tuis gaan. |
| Afrikaans 1983 | Party van die gelowiges het van Sesarea af saam met ons gegaan. Hulle het ons by Mnason gebring, wat oorspronklik van Siprus afkomstig was en wat van vroeg af reeds 'n gelowige was. By hom sou ons tuis gaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Van die dissipels uit Caesarea het saam met ons gegaan. Hulle het ons geneem na Mnason, 'n man uit Ciprus, en lank reeds 'n dissipel, by wie ons sou tuisgaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Party van die gelowiges van Sesarea het saam met ons gegaan. Hulle het ons in Jerusalem gebring na die huis van Mnason. Mnason het voorheen op die eiland Siprus gewoon en hy het lank gelede 'n gelowige geword. Ons het by hom in Jerusalem gebly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Klompie van die gelowiges in Sesarea het saam met ons soontoe gereis. Langs die pad het ons by ’n gelowige met die naam Mnason oorgebly. Hy was al oud. Hy het ons goed ontvang omdat hy goeie vriende was met die gelowiges in Sesarea wat saam met ons gereis het. |