Acts 21:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hy nie wou oortuig nie, het ons opgehou en gesê: Die wil van die Here geskied!
Afrikaans (NLV) 2011 Toe hy nie tot ander insigte gebring kon word nie, het ons met dié woorde berus: “Laat dan die wil van die Here geskied.”
Afrikaans 1933/1953 Toe hy dan nie oor te haal was nie, was ons tevrede en het gesê: Laat die wil van die Here geskied!
Afrikaans 1983 Toe ons hom nie kon oorreed nie, het ons daarin berus en gesê: “Laat die wil van die Here geskied.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Omdat hy hom nie laat oorreed het nie, het ons geswyg en net gesê: “Laat die wil van die Here geskied.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Paulus wou nie luister na wat ons vir hom sê nie, en daarom het ons stilgebly. Ons het net gesê: “Ons bid dat die Here sal doen wat Hy wil doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe ons besef dat ons Paulus nie kon oorreed om weg te bly uit Jerusalem nie, het ons besluit om nie verder met hom daaroor te praat nie. “Ons bid net dat God se wil in jou lewe sal geskied. Mag al sy planne met jou lewe waar word,” het ons vir hom gesê.