Acts 21:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe antwoord Paulus: Wat bedoel julle om te ween en my hart te breek? want ek is gereed om nie alleen gebind te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterwe ter wille van die Naam van die Here Jesus. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy reaksie was egter: “Waarom wil julle my hart sag maak met julle huilery? Julle weet mos ek is bereid om ter wille van die Naam van die Here Jesus nie net in Jerusalem gevange geneem te word nie, maar selfs ook te sterf.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Paulus het geantwoord: Wat doen julle dat julle ween en my hart week maak? Want ek is bereid nie alleen om gebind te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterwe vir die Naam van die Here Jesus. |
| Afrikaans 1983 | Toe antwoord Paulus: “Waarom wil julle my hart sag maak met julle trane? Ter wille van die Naam van die Here Jesus is ek bereid om in Jerusalem nie net gevange geneem te word nie, maar selfs ook te sterwe.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop het Paulus geantwoord: “Wat probeer julle bereik deur te huil en my hart te breek? Ek is bereid om nie net gevange geneem te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterf ter wille van die Naam van die Here Jesus. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Paulus: “Wat doen julle nou? Julle huil en julle maak my hartseer! Ek is gereed om te gaan. Die mense kan my vang in Jerusalem, dit maak nie saak nie. Ja, ek is ook gereed om in Jerusalem te sterf vir die Naam van die Here Jesus.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Netnou oorreed al julle gehuil my om nie meer Jerusalem toe te gaan nie. Kom ek sê reguit vir julle: dis glad nie vir my ’n probleem as ek in Jerusalem in die tronk beland nie. Ek gee nie eens om as hulle my doodmaak ter wille van die Here Jesus nie!” |