Acts 21:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hy na ons kom, neem hy die gordel van Paulus en bind sy eie hande en voete en sê: So spreek die Heilige Gees: So sal die Jode in Jerusalem die man wat hierdie gordel besit, bind en hom in die hande van die heidene.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe hy ons kom opsoek, het hy Paulus se belt gevat en sy eie voete en hande daarmee vasgebind. Toe sê hy: “Só sê die Heilige Gees: ‘Die man wie se belt dit is hierdie — die Jode in Jerusalem sal hom net so vasbind en hom in die hande van nie-Jode uitlewer.’”
Afrikaans 1933/1953 En toe hy by ons kom, neem hy die gordel van Paulus en bind sy eie hande en voete en sê: D¡t spreek die Heilige Gees: So sal die Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die hande van heidene oorlewer.
Afrikaans 1983 Hy het na ons toe gekom, Paulus se gordel gevat, sy eie hande en voete daarmee vasgebind en gesê: “So sê die Heilige Gees: Die Jode sal in Jerusalem die eienaar van hierdie gordel net so vasbind en hom aan die heidene uitlewer.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het na ons toe gekom, Paulus se gordel gevat, en sy eie voete en hande daarmee vasgebind, en gesê: “So sê die Heilige Gees, ‘Op hierdie manier sal die Jode in Jerusalem die man aan wie hierdie gordel behoort, vasbind en in die hande van nie-Jode oorgee.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Agabus het na ons toe gekom en hy het Paulus se belt gevat. Agabus het sy eie hande en voete met die belt vasgebind en gesê: “Die Heilige Gees sê die Jode in Jerusalem sal die man wat altyd hierdie belt dra, só vasbind. En hulle sal hom dan vir die heidene gee.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar voor almal kom vat hy Paulus se belt en maak dit om sy hande en voete vas. Toe sê hy: “Luister wat die Heilige Gees vir julle sê: ‘Die man aan wie hierdie belt behoort, gaan op presies dieselfde manier in Jerusalem deur die Jode vasgebind word. Dan gaan hulle hom aan die Romeine uitlewer.’”