Acts 21:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het gebeur dat, nadat ons van hulle af weggeneem is, en ons te water gelaat het, het ons met 'n reguit koers na Coos gekom en die volgende dag na Rhodos en daarvandaan na Patara.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat ons van die Efese-ouderlinge afskeid geneem het, het ons reguit na die eiland Kos gevaar. Die volgende dag is ons na Rodos en daarvandaan na Patara.
Afrikaans 1933/1953 En nadat ons ons van hulle losgeskeur het, het ons afgevaar en reguit koers gehou en by Kos aangekom, en die volgende dag by Rhodus en daarvandaan by P tara.
Afrikaans 1983 Nadat ons swaar van hulle afskeid geneem het, het ons aan boord gegaan. Ons het reguit koers gehou en by die eiland Kos aangekom. Die volgende dag het ons Rodos bereik en daarvandaan by Patara aangekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat ons ons van hulle weggeskeur het, het ons weggevaar, reguit koers gehou en by Kos aangekom, en die volgende dag na Rodos gevaar, en daarvandaan na Patara.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Paulus en ons het totsiens gesê vir die ouderlinge van die stad Efese, en toe het ons weggeseil met die skip. Ons het reguit geseil tot by die eiland Kos. Die volgende dag het ons tot by die eiland Rodos geseil en toe tot by die stad Patara.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit was bitter moeilik om van Efese se ouderlinge afskeid te neem. Nadat ons dit gedoen het, het ons tot by die eiland Kos gevaar. Daar het ons die aand oorgeslaap. Die volgende dag het ons tot in Rodos en van daar af na Patara gevaar.