Acts 20:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En op die eerste dag van die week, toe die dissipels bymekaargekom het om brood te breek, het Paulus vir hulle gepreek, gereed om die volgende dag te vertrek; en het sy toespraak tot middernag voortgesit.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons het die Sondag bymekaargekom vir die maaltyd van die Here. Paulus het ’n bespreking met hulle gehou, en omdat hy die volgende dag wou vertrek, het hy tot middernag aanhou praat.
Afrikaans 1933/1953 En op die eerste dag van die week, toe die dissipels vergader het om brood te breek, het Paulus hulle toegespreek, omdat hy die volgende dag sou vertrek en hy het sy rede gerek tot middernag toe.
Afrikaans 1983 Ons het die Sondag bymekaargekom vir die gemeenskaplike maaltyd. Paulus het die gelowiges toegespreek, en aangesien hy die volgende dag sou vertrek, het hy tot middernag aangehou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe ons op die eerste dag van die week byeengekom het om brood te breek, het Paulus hulle toegespreek, omdat hy die volgende dag wou vertrek, en sy rede uitgerek tot om middernag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Op die eerste dag van die week het ons in die aand bymekaargekom en ons het almal saam geëet. Paulus het met die gelowiges gepraat. Hy wou die volgende dag verder gaan en daarom het hy baie lank gepraat, hy het gepraat tot in die middel van die nag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In Troas het ons almal op die Sondagaand bymekaargekom om saam te eet en die Here te aanbid. Ons was bymekaar in ’n groot kamer op die derde verdieping van een van die geboue in die stad. Aangesien ons die volgende dag sou vertrek, het Paulus tot lank na middernag aangehou.