Acts 20:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ons het ná die dae van die ongesuurde brode van Filippi af weggevaar en in vyf dae by hulle in Troas gekom; waar ons sewe dae gebly het.
Afrikaans (NLV) 2011 Na die Pasga het ons per skip van Filippi af vertrek en vyf dae later by hulle in Troas aangekom. Daar het ons ’n week gebly.
Afrikaans 1933/1953 Maar ndie dae van die ongesuurde brode het ons van Fil¡ppi uitgeseil en binne vyf dae by hulle in Troas gekom waar ons sewe dae deurgebring het.
Afrikaans 1983 Na die fees van die ongesuurde brood het ons van Filippi af met 'n skip vertrek en vyf dae later by hulle in Troas aangekom. Daar het ons sewe dae gebly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Self het ons egter eers ná die dae van die Fees van die Ongesuurde Brood vanaf Filippi gevaar, en vyf dae later by hulle in Troas aangekom, waar ons sewe dae lank gebly het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nadat die Fees van die Ongesuurde Brood verby was, het ons met die skip weggeseil van die stad Filippi. Nadat ons vyf dae geseil het, het ons in die stad Troas aangekom, die ander manne was al klaar daar. Ons het sewe dae lank daar gebly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons was op daardie tydstip nog in Filippi vir die viering van die paasfees. Na die paasfees is ons met ’n skip na Troas toe. Daar het ons sewe dae lank saam met Paulus-hulle by die gelowiges oorgebly.