Acts 20:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Sopater van Berea het hom daar na Asië vergesel; en van die Tessalonisense, Aristarchos en Secundus; en Gajus van Derbe en Timótheüs; en van Asië, Tigikus en Trofimus.
Afrikaans (NLV) 2011 Heelwat mans het saam met Paulus gereis. Hulle was Pirrus se seun Sopater van Berea, Aristargus en Sekundus, albei van Tessalonika, Gaius van Derbe, Timoteus, en Tigikus en Trofimus, albei van die provinsie Asië.
Afrikaans 1933/1953 En tot in Asië het Sopater van Ber,a hom vergesel, en van die Thessalonicense, Arist rchus en Secundus, en Gajus van Derbe en Timothes, en uit Asië T¡chikus en Trofimus.
Afrikaans 1983 Pirrus se seun Sopater van Berea het saam met Paulus gereis, en ook Aristargos en Sekundus, albei van Tessalonika, Gaius van Derbe, en Timoteus, asook Tigikus en Trofimus, albei van die provinsie Asië.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy is vergesel deur Sopater – die seun van Pirrus – uit Berea, deur Aristargus en Sekundus van Thessalonika, Gaius van Derbe en Timoteus, sowel as Tigikus en Trofimus van Asië.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hierdie manne het saam met Paulus gegaan: Sopater, die seun van Pirrus van die stad Berea, en ook Aristargus en Sekundus, hulle was twee gelowiges van die stad Tessalonika, ook Gaius van die stad Derbe, en Timoteus en twee gelowiges van die provinsie Asië, hulle name was Tigikus en Trofimus.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sopater uit die stad Berea (die seun van Pirrus); Aristargos en Sekundus uit die stad Tessalonika; Gaius uit die stad Derbe; Tigikus en Trofimus uit die provinsie Asië, en ook Timoteus.