Acts 20:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het vir julle alles getoon dat julle so arbei moet om die swakkes te ondersteun en die woorde van die Here Jesus te onthou, hoe Hy gesê het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In alles het ek vir julle ’n voorbeeld gestel dat ons só hard moet werk dat ons die armes kan help. Onthou die woorde van die Here Jesus: ‘Dit is meer geseënd om te gee as om te ontvang.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbei die swakkes moet help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gesê het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang. |
| Afrikaans 1983 | Deur my voorbeeld het ek in elke opsig vir julle gewys dat ons hard moet werk sodat ons die armes kan help. Onthou die woorde van die Here Jesus. Hy het self gesê: Om te gee, maak 'n mens gelukkiger as om te ontvang.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In alles het ek vir julle gewys dat 'n mens deur hard te werk, die swakkes moet help, en die woorde van die Here Jesus moet onthou toe Hy gesê het, ‘Dit maak 'n mens gelukkiger om te gee as om te ontvang.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het dit alles gedoen, want ek wou vir julle wys dat ons so moet werk om vir die mense te help wat swak is. Ons moet ook onthou wat die Here Jesus self gesê het. Hy het gesê: ‘As 'n mens vir ander mense iets gee, dan is jy baie méér gelukkig as wanneer hulle vir jóú iets gee.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op dié manier wou ek vir julle wys dat julle nie net vir julleself moet lewe nie. Sien ander mense se nood en armoede raak. En help hulle. Onthou: ons Here Jesus het gesê: ‘Dit is beter om te gee as om net te wil ontvang.’” |