Acts 20:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nou, broeders, dra ek julle op aan God en aan die woord van sy genade, wat magtig is om julle op te bou en aan julle 'n erfdeel te gee onder almal wat geheilig is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “En nou vertrou ek julle aan God toe en aan die boodskap van die genade wat Hy aan mense bewys. Dié boodskap is in staat om julle op te bou en julle in die seëninge te laat deel wat Hy aan al die gelowiges as erfporsie belowe het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En nou, broeders, dra ek julle op aan God en aan die woord van sy genade, wat magtig is om julle op te bou en julle 'n erfdeel te gee onder al die geheiligdes. |
| Afrikaans 1983 | Maar nou vertrou ek julle aan God toe en aan die woord van sy genade. Die woord is magtig om julle op te bou en julle in die seëninge te laat deel wat Hy aan al die gelowiges as erfdeel belowe het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En nou vertrou ek julle toe aan God en sy woord van genade, Hy wat die mag het om op te bou en aan julle onder almal wat geheilig is, 'n erfenis te gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “En nou bid ek en ek vra vir God dat Hy vir julle moet sorg en dat julle altyd die boodskap sal onthou dat God genadig is. Daardie boodskap kan julle geloof sterk maak en dit kan julle help om te weet dat God vir julle die dinge sal gee wat Hy belowe het om vir al die gelowiges te gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek plaas julle almal nou in God se hand. Hy sal vir julle sorg. Hy sal met sy goedheid elke dag by julle wees. Hy sal julle geloof in Hom sterk maak. |