Acts 20:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, waak en onthou dat ek in die verloop van drie jaar nie opgehou het om elkeen dag en nag met trane te waarsku nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom: Wakkerloop! Onthou dat ek vir drie jaar lank sonder ophou vir elkeen van julle die regte koers aangedui het, dag en nag, en met trane. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom moet julle waak en onthou dat ek drie jaar lank nag en dag nie opgehou het om elkeen met trane te vermaan nie. |
| Afrikaans 1983 | Wees waaksaam. Onthou dat ek elkeen van julle drie jaar lank onderrig het, aanhoudend, dag en nag, baiekeer met trane. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wees daarom waaksaam, en onthou dat ek vir drie jaar lank, dag en nag, nie opgehou het om 'n ieder en 'n elk van julle met trane te waarsku nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom moet julle versigtig wees. Julle moet onthou dat ek drie jaar lank baie swaar gekry het en dat ek elke dag en elke nag vir julle almal geleer het om reg te lewe, ek het nooit opgehou om dit te doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wees op die uitkyk vir al hierdie onwaarhede. Waarsku die gelowiges daarteen. Onthou: ek het drie jaar lank dag en nag onder julle gewerk en julle baie ernstig gevra om op die regte pad te bly. Daarom mag julle nie toelaat dat die ware evangelie nou deur slegte mense vervals word nie.” |