Acts 20:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar het drie maande gebly. En toe die Jode op hom wag, terwyl hy op die punt was om na Sirië te vaar, het hy voorgeneem om deur Masedonië terug te keer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | waar hy drie maande deurgebring het. Toe hy op die punt gestaan het om Sirië toe te vaar, het ’n komplot teen hom aan die lig gekom. Hy het toe besluit om landlangs deur Masedonië na Sirië toe terug te gaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En daar het hy drie maande gebly; maar toe die Jode teen hom saamgespan het, terwyl hy juis na S¡rië sou afvaar, het hy besluit om deur Macedonië terug te gaan. |
| Afrikaans 1983 | waar hy drie maande gebly het. Toe hy op vertrek gestaan het Sirië toe, het hy van 'n Joodse komplot teen hom te hore gekom en besluit om deur Masedonië terug te gaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | waar hy drie maande deurgebring het. Aangesien die Jode 'n komplot teen hom gesmee het net toe hy na Sirië wou vaar, het hy besluit om deur Macedonië terug te keer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en hy het drie maande lank daar gebly. Hy het besluit om met die skip na die provinsie Sirië te seil, maar hy het gehoor dat die Jode 'n geheime plan gemaak het om hom dood te maak. Daarom het hy besluit om deur Masedonië terug te gaan na Sirië. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy boodskap het party van die Jode egter so ontstel dat hulle besluit het om hom dood te maak. Dit was kort voordat Paulus van plan was om per skip Sirië toe te vaar. Toe hy van hierdie komplot teen hom hoor, het hy dadelik sy reisplanne verander en deur die provinsie Masedonië gereis. ’n Paar mense het saam met hom gegaan. Daar was |