Acts 20:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Pas dan op vir julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het, om die gemeente van God te voed wat Hy met sy eie bloed gekoop het.
Afrikaans (NLV) 2011 “Pas julleself op en die hele kudde oor wie die Heilige Gees julle as ouderlinge aangestel het. Julle moet as herders die kerk van God versorg, dié kerk wat Hy vir Hom verkry het deurdat sy eie Seun gesterf het.
Afrikaans 1933/1953 Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.
Afrikaans 1983 Pas julle self op en die hele kudde wat die Heilige Gees onder julle sorg gestel het. Soos wagters 'n kudde versorg, so moet julle die gemeente van God versorg wat Hy vir Hom verkry het deur die bloed van sy eie Seun.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Pas julleself op, en ook die hele kudde oor wie die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om die gemeente van God, wat Hy deur sy eie bloed verwerf het, herderlik te versorg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet seker maak dat julle lewe soos God wil hê. Julle moet ook seker maak dat al die gelowiges lewe soos God wil hê. Die Heilige Gees het gesê julle moet ouderlinge wees van daardie gelowiges. Julle moet hulle oppas soos 'n herder 'n trop skape oppas. Hulle is God se kerk. Sy Seun het gesterf, en so het God hulle gekoop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Julle is die leiers in die kerk. Sorg dat julle self altyd op God se pad bly. Onthou: die Heilige Gees het julle aangestel om te sorg dat ander gelowiges ook op God se pad bly stap. Julle moet hulle help en hulle leer om te doen wat Hy vra. Julle is soos skaapwagters wat die Here se skape moet beskerm en versorg. Almal in die kerk behoort aan God. Hy het baie duur vir elkeen betaal. Jesus se bloed het elke gelowige uit die mag van die sonde en die dood losgekoop.