Acts 20:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nou, kyk, ek weet dat julle almal onder wie ek gegaan het om die koninkryk van God te verkondig, my aangesig nie meer sal sien nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “En nou is dit duidelik: Ek weet dat nie een van julle my weer sal sien nie — julle onder wie ek rondgegaan en die koningsheerskappy van God verkondig het.
Afrikaans 1933/1953 En nou weet ek dat julle almal onder wie ek rondgegaan en die koninkryk van God verkondig het, my aangesig nie meer sal sien nie.
Afrikaans 1983 “Ek het onder julle almal rondgegaan en die koninkryk van God verkondig, maar nou weet ek dat julle my nie weer sal sien nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “En kyk, ek weet nou dat nie een van julle onder wie ek rondbeweeg en aan wie ek die koninkryk verkondig het, my weer sal sien nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Ek was by julle en ek het vir julle gepreek en gesê dat God Koning is. Maar nou weet ek dat niemand van julle my weer sal sien nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Dag na dag het ek met julle oor God se nuwe wêreld gepraat. Maar nou moet ek finaal van julle afskeid neem. Ons sal mekaar nie weer sien nie. Ek troos my egter daaraan dat ek julle die volle waarheid oor God vertel het.