Acts 20:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Behalwe dat die Heilige Gees in elke stad getuig en sê dat boeie en beproewinge my verdra. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wat ek wel weet, is dat die Heilige Gees my in elke stad verseker dat gevangenskap en vervolging voorlê. |
| Afrikaans 1933/1953 | behalwe dat die Heilige Gees in elke stad kragtig getuig en sê dat boeie en verdrukkinge my wag. |
| Afrikaans 1983 | Ek weet dat die Heilige Gees my in elke stad verseker dat gevangenskap en vervolging op my wag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | behalwe dat die Heilige Gees van stad tot stad aan my bevestig het dat gevangenskap en swaarkry op my wag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar ek weet die Heilige Gees sê in elke stad vir my dat mense my in die tronk sal gooi en dat hulle my baie swaar sal laat kry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Heilige Gees wil hê ek moet Jerusalem toe gaan. Ek weet nie wat alles daar op my wag nie. Al wat ek weet, is dat dit nie maklik gaan wees nie. In elke plek waar ek tot nou toe was, het die Heilige Gees my duidelik laat verstaan dat swaarkry en tronkstraf my voorland is. Tog is ek nie daaroor bekommerd nie. |