Acts 20:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ons het daarvandaan uitgeseil en die volgende dag teenoor Chios aangekom; en die volgende dag het ons by Samos aangekom en by Trogyllium vertoef; en die volgende dag het ons by Milete gekom.
Afrikaans (NLV) 2011 Die volgende dag het ons by Chios verbygevaar. Die dag daarna het ons by Samos aangedoen, en nog ’n dag later het ons Milete bereik.
Afrikaans 1933/1953 En daarvandaan het ons weggevaar en die volgende dag teenoor Chios gekom, en die ander dag na Samos oorgevaar en in Trog¡llion oorgebly en die dag daarop by Mil,te gekom.
Afrikaans 1983 Daarvandaan het ons die volgende dag verder gevaar en tot regoor Chios gekom. Die dag daarna het ons Samos bereik en nog 'n dag later Milete.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) waarvandaan ons die volgende dag weggevaar en reg oorkant Chios aangekom het. Die dag daarna het ons Samos bereik, en die daaropvolgende dag by Milete aangekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons het van Mitilene verder geseil en die volgende dag was ons oorkant die eiland Chios. Die volgende dag het ons verby die eiland Samos gegaan en die dag daarna het ons by die stad Milete aangekom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarvandaan het ons die volgende dag tot regoor die eiland Chios gevaar. Nog ’n dag later was ons by Samos, en ’n dag later by Milete. Paulus het besluit om nie weer in Efese te stop nie.